Musiek Agtergrond

Musiek was nog altyd my een groot liefde. Ek het die kitaar op tienjarige ouderdom leer speel.

Nadat ek in die Kerk musiek gemaak het, het ek met ‘n paar plaaslike popgroepe musiek gemaak. Die laaste popgroep, met wie ek ook in die nagklub gespeel het, was Breeze. Destyds ek het ook gereeld  by gospel konserte, troues, ens. opgetree.

Tans vervaardig en produseer ek my eie musiek. Deur die genade van my Heer Jesus Christus het ek die volgende Mp3s vrygestel:

  • Crumbs from the Masters Table;
  • Fiery Furnace,
  • What a Friend We Have in Jesus,
  • Light To My Feet

Ek werk ook tans aan ‘n album wat ek hoop om binnekort vry te stel.

www.brianvisagie.co.za - Musiek Agtergrond - PRS SE Custom Semi HollowMy huidige kitaar is ‘n Paul Reed Smith: SE Custom Semi-hollow. Ek het ook ‘n Ibanez Artcore Gold Top Semi-solid kitaar wat ek meestal vir ritme dele gebruik. Ek gebruik ‘n Vox amp.  Aanvanklik het ek meestal die akoestiese kitaar gespeel, maar ek hou meer van die elektriese kitaar vanweë die lang nek. Vir ʼn tyd het ek het ook die banjo en die trekklavier, sowel as die hand-harp gespeel. Ek het die blokfluit gebruik om my musiek leeswerk te versnel – ek hou nogal van die blokfluit.

Ons plaaslike klassieke kitaar maestro, Steve Newman, van Tananas faam het my aan die klassieke Kitaar voorgestel – wat ek ook bestudeer het.

Ek beskou my musiek styl as kontemporêr met ‘n mengsel van Rock en Jazz. My komposisies is ook aangevul met die tipe kitaarklanke.

Klik Hier en Luister Na My Musiek.


Deel met ander: